1. Die voordelestaat is 'n opsommingsdokument wat bestaan uit planinligting oor die belegging (s) van 'n kliënt. Die voordelestaat word jaarliks saam met belastingsertifikate aan kliënte versprei.

  2. Belastinginligting (indien van toepassing op 'n produk, kan insluit):

    • Bydraesertifikaat (Kliënte wat gedurende 'n finansiële belastingjaar gereelde bydraes maak vir uittree-annuïteitsplanne, kwalifiseer vir 'n bydraesertifikaat).

    • IT3(a) sertifikaat

    • IRP5 sertifikaat - Slegs aan die (lewens-) annuïteit van 'n (lewens-) annuïteitsplan om die belasbare inkomste aan te dui.

    • IT3 (S) belasting sertifikaat vir Belastingvrye Spaarprodukte.

  3. Enige verwysing na ‘plan’ op hierdie staat beteken

    • ʼn langtermynpolis soos deur die Wet op Langtermynversekering, 1998, omskryf en gereguleer word;

      of

    • ʼn beleggingsplan wat u in staat stel om in ʼn wye verskeidenheid van beleggingsfondse te belê. In teenstelling met ʼn langtermynpolis, waar die versekeraar die belasting namens u betaal, word alle inkomste en kapitaalwins in u eie hande belas. Dit is dikwels voordelig vir belastingbetalers op ʼn laer koers, of mense wat nie van hul jaarlikse rente- en kapitaalwinsbelastingtoegewings gebruik maak nie.

  4. Dit is die premie bedrag wat u tot ʼn plan bydra. In die geval van ʼn langtermynpolis staan dit as ʼn premie bekend.

  5. Inligting is beskikbaar op die Sanlam-webwerf by www.sanlam.co.za/factsheetcentre.

  6. In Februarie 2022 het die Minister van Finansies in sy Begrotingsoorsig aangekondig dat die perk op belegging in bates buite Suid Afrika veslap is tot ‘n algehele perk van 45% vir aftreefondse, versekeringsmaatskappye en ander institusionele beleggers. Voorheen was die buitelandse blootstellingslimiet vir aftreefondse 30% en ‘n bykomende 10% blootstellingslimiet vir beleggings in ander Afrika-bates buite Suid-Afrika.

    Die strategiese bateverspreiding vir jou gekose belggingsfondse is gebaseer op die vorige 30% limiet vir buitelandse bates. ‘n Hersiening is gedurende 2022 onderneem om ‘n meer optimale strategiese bateverspreiding te vestig wat voorsiening maak vir die nuwe buitelandse blootstellingslimiet op jou Sanlam-beleggingsfondse. Vir meer inligting oor wat verander het, verwys asseblief na die artikel “Verandering van buitelandse bate blootstellings limiete” op die Sanlam-webwerf https://www.sanlam.co.za/retirementfunds.

  7. Betalingsgroei is ʼn metode waardeur u jaarliks u betalings outomaties kan verhoog, byvoorbeeld teen ʼn vaste persentasie (%) of ʼn persentasie (%) wat aan die inflasiekoers gekoppel is. Die voordelestaat toon die groeidatums en die verhogingskoers vir elke plan aan.

  8. Ja, ons bereken planwaardes, voordele en heffings en bestuur ʼn plan volgens die aktuariële reëls, soos deur die Wet op Langtermynversekering, 1998, vereis word.

  9. Die fondswaarde gee ʼn aanduiding van die waarde van u plan. Die volle fondswaarde is nie noodwendig beskikbaar indien die plan voor die uitkeer- of opsiedatum beëindig word nie.

    Indien die plan waarin u bydraes belê is aan die finansiële mark gekoppel is, sal u fondswaarde verhoog of verlaag soos die marktoestande verander.

  10. U sal ʼn beëindigingswaarde ontvang. Hierdie waarde kan minder as die fondswaarde wees, is nie gewaarborg nie en kan oor tyd verander soos die fondswaarde verander.

  11. Dit is ʼn portefeulje waarin beleggingsopbrengste deur middel van jaarlikse bonusverklarings stabiel gehou word. Bonusse bestaan uit ʼn vestigende gedeelte en ʼn nie-vestigende gedeelte. Vestigende bonusse kan nie verminder of weggeneem word nie. Nie-vestigende bonusse kan verminder of weggeneem word, indien die toestand van die finansiële mark sodanig verswak dat die versekeraar dit nodig vind.

    Indien u voor die uitkeer- of opsiedatum onttrekkings maak, sal Sanlam ʼn vroeë beëindigingsheffing vorder. Die fondswaarde kan ook aangepas word om vir die onderliggende marktoestande voorsiening te maak en om regverdig teenoor die oorblywende lede van die fonds te wees.

  12. Dit is ʼn fonds waarin beleggingsopbrengste deur middel van maandelikse bonusverklarings stabiel gehou word. Die fondswaarde is met uitkeer-, of die dood van die versekerde-, beskikbaar en geen van die bonusse wat tot die plan toegevoeg is, kan weggeneem word nie, selfs al verswak die finansiële mark. Vir onttrekking op enige ander tyd is die fondswaarde beperk tot die markwaarde van die onderliggende bates en kan dit dus laer wees.

  13. ʼn Beleggingswaarborg op ʼn plan waarborg ʼn sekere opbrengs op die belegging. Byvoorbeeld, dit kan ʼn minimum opbrengs oor ʼn bepaalde tydperk, of ʼn minimum uitkeerbedrag, waarborg. Waar ʼn beleggingswaarborg tot ʼn plan toegevoeg is, word die bepalings van die beleggingswaarborg volledig in die plan se kontrak verduidelik.

  14. Met dié unieke opsie is die eenheidsprys gewaarborg. Die fonds belê ten volle in die onderliggende effektetrust en die waarborg word teen ’n uitdruklike fooi verskaf. Die waarborgvlak hang af van die fonds se risikokategorie (versigtig, matig of matig aggressief).

    Vir fondse in die versigtige risikokategorie maak die waarborg voorsiening dat die eenheidsprys wat gebruik word om die waarde van die belegging te bepaal, teen die einde van die beleggingstydperk nie minder as 95% sal wees van die hoogste eenheidsprys wat bereik is sedert die belegger se spesifieke beleggingstydperk begin het nie.

    Vir fondse in die kategorie vir matige risiko sal die waarborgvlak 90% wees en vir matig aggressiewe fondse 80%. Vir die versigtige en matige risikokategorieë sal die waarborg bykomend verseker dat die eenheidsprys wat gebruik word om die waarde van die belegging te bepaal, teen die einde van die beleggingstydsperk minstens gelyk aan 100% van die eenheidsprys sal wees vanaf die derde werksdag waarop die beleggingswaarborg-opsie bygevoeg is, ongeag die prestasie van die beleggingsfonds.

    Teen die einde van die waarborgtermyn sal die fondswaarde bepaal word as die aantal eenhede vermenigvuldig met die gewaarborgde eenheidsprys, sou dit hoër wees as die werklike eenheidsprys vir die fonds met die waarborg.

Beskerming van Persoonlike Inligting

Sanlam Lewens, 'n filiaal van Sanlam Beperk, sal u persoonlike inligting verwerk en beskerm soos deur toepaslike wetgewing en die Grondwet van die RSA vereis. Ons mag u persoonlike inligting na diensverskaffers buite die RSA stuur om namens Sanlam Lewens te stoor of te verwerk. Ons sal nie u inligting na 'n land stuur wat nie soortgelyke wetgewing vir die beskerming van inligting as die RSA het nie, tensy ons 'n bindende ooreenkoms met die diensverskaffer het wat verseker dat dit effektief voldoen aan die beginsels vir die verwerking van inligting in ooreenstemming met die Wet op Beskerming van Persoonlike Inligting Nr. 4 van 2013. Besoek die volgende skakel www.sanlam.co.za vir verdere inligting aangaande ons Privaatheid Kennisgewing.